Trevor Bruns, ‘n voormalige olie-en-gasingenieur, het destyds sy werk bedank om saam met sy broer, Leon en swaer Steph, die voortou in SA se rumrevolusie te voer. Hulle produseer ‘n plaaslike ”craft” rum genaamd Whistler.

More Info

Zahn Hulme is ‘n Uitvoerende Trustee en die Hoof van Bemarking en Handelsbestuur by die Atterbury Trust. Hierdie dinamiese en gedrewe vrou is al vir 20 jaar nou by die Atterbury Trust betrokke, maar was ook ‘n integrale deel van dié se ontstaan nadat sy die stigterslede, Francois van Niekerk and Louis van der Watt, aan mekaar voorgestel het.

More Info

Kom luister saam as ons terugkyk na een van ons gewildste onderhoude. Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is.

More Info

2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2019 toe!

More Info

Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met ‘n groot positiewe impak op vrugteplase en die omgewing.

More Info

Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte.

More Info

Ek was vir ‘n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff – hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook ‘n paar lekker staaltjies uit my verlede!

More Info

In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as ‘n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend.

More Info

Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, ‘n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die “Kings Of Customization”. Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle ‘n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en reflektiewe band. Kom luister saam!

More Info

Jasper Cloete is ‘n man van talle talente met ‘n betrokkenheid by ‘n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig kan word om die stigtings ouers van hulle multigenerasie welvaart plan te word. Kom luister saam soos hy ons meer vertel.

More Info