Adrie het ‘n passie om klein en medium besighede in te lig rondom arbeidsake. Sy het ‘n handleiding hieroor geskryf saam met Quintin Davies, met die titel Understanding SA Labour Law, en lig besighede landwyd in. Met 22 jaar se nasionale en internasionale ondervinding rondom arbeidsake kom vertel sy Klipkouers die moets en moenies oor Arbeidswetgewing, want soos sy “Dit is nie ‘n kwessie van of jy ‘n arbeids geskil op jou tafel gaan hê nie, dit is wanneer”. Kom luister verder hoe ons hieroor gesels. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

SaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou op die Internet en sosiale netwerke. Rianette Leibowitz is ’n geakkrediteerde kommunikasie spesialis en kuberveiligheid aktivis wat daarop fokus om bewusmaking te skep en om lewens te red. Sy gebruik haar passie vir verhoudings om maatskappye en groepe te help om digitale spasie verantwoordelik te bestuur. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Chrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land in privaat besit. Sy roem haar op goeie dienslewering en uit haar 15 000 boeke kan jy boeke vind wat ons nie meer vandag in gewone handel kry nie. Haar liefde vir kinderliteratuur, en kunstenaars maak hierdie vrou ‘n lopende ensiklopedie en haar storie is bindend. Kom luister hoe hierdie entrepreneur uit ‘n stokperdjie ‘n winsgewende bedryf kom maak het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Sy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as mentor in die CFA internasionale intervarsity kompetisie gedien. As professionêle beleggers bestuur hulle die bates van drie en ‘n half miljard rand. Kom luister hul storie van internasionale afdrukke. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Chimae het haar besigheid, Supply Chain Partner, binne drie jaar opgebou tot ‘n internasionale besigheid met kantore in Kanada en Ilse of Man. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Hierdie week gaan ek die geleentheid gebruik om jou te vertel waarmee ek besig is, die finansiële deurbrake vir Klipkouers as potgooi, my tweede potgooi wat ek binnekort gaan loods (genaamd BOS) en twee haai stories! Lekker luister en onthou: Aanhouer Wen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Nelius is ‘n handelsvlieënier wat Boeings vir Comair vlieg, maar sy dag tot dag funksie het verander. Hulle vlieëniers opleidings skool het besef dat hulle opleiding, veral om stresvolle en lewensgevaarlike situasies te hanteer , ook geleer en toegepas kan word in die korporatiewe wêreld. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Bouwer is ‘n sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur, entrepreneur en net ‘n lekker ou. Ons delf bietjie dieper in veral die besigheid van film en hoe die tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Jacques is die CEO van Titans Cricket en in my opinie, die suksesvolste sport CEO in SA op die oomblik. Kom luister hoe die besigheid van krieket werk en hoe Jacques dink en doen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info

Hierdie man is ver voor sy tyd en ‘n massiewe aanwins vir entrepreneurskap in Suid-Afrika. Een van sy baie suksesvolle besighede is Crashdetech, wat gelei het daartoe dat hy aangewys was as Sosiale Entrepreneur 2016. Verder is hy ook ‘n model en Ambassadeur vir Biogen…brains en ‘n sixpack! Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

More Info