Woensdae 12:00 – 13:00
Jacques Basson
Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.
Wie is Jacques Basson?
Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad (nie Welkom nie) en vele jare op Kovsie kampus ten einde my pool game te vervolmaak (halwe waarheid) en ‘n besigheidsgraad te voltooi, begin ‘n korporatiewe verkope en bemarkings loopbaan met die Coca-Cola Company in 1999.
Coca-Cola se bestuursontwikkeling program, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionale maatskappye en senior rolle later in Suid Afrika en Engeland vir onder andere Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear, begin ek ‘n kommersiele skoonmaak besigheid VanBroc Cleaning in 2007, gevolg in 2012 met ‘n Joint Venture met ‘n kommersiele skoonmaak besigheid in Austin, Texas.
Natuurlik is Klipkouers die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en het ek julle hulp nodig met kind groot maak!
Na 14 jaar in Engeland het ek en my jong gesin vroeg in 2018 teruggetrek Suid-Afrika toe en woon tans in Centurion.
Podcasts are provided for private, non-commercial use only. You may not edit, modify, or redistribute the podcasts without prior permission from CliffCentral.com