Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die ‘Wildteler van die Jaar 2018’ titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie voer, vir die wild wat hulle self teël. Jag hulle wild en verwerk die vleis in hulle eie slaghuis.

More Info

Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas, VSA. Hy gesels met my onder meer oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ? nuwe onderneming in Texas suksesvol te vestig.

More Info

Die buiteland het sy eie uitdagings as dit by sake kom. Dit kan baie uitdagend wees om ? sakeonderneming in die buiteland te begin. Leon Els, eienaar van Octcet, gesels met Klipkouers oor die slaggate. Hy gee ook raad oor luister en die belang daarvan.

More Info

Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd. Hulle belê in eiendomme hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer.

More Info

Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n besigheidskonsultasie en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees.

More Info

Jannie Putter is ‘n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as ‘n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die outeur van ses boeke.

More Info

Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is trots om anders te wees en gemotiveerd om op ‘n konstante basis die standaarde te lig – vir hulself sowel as die industrie.

More Info

Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na ‘n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker is.

More Info

Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op die besigheids- en korporatiewe sektore fokus en ‘n gróót, positiewe verskil maak!

More Info

Trevor Bruns, ‘n voormalige olie-en-gasingenieur, het destyds sy werk bedank om saam met sy broer, Leon en swaer Steph, die voortou in SA se rumrevolusie te voer. Hulle produseer ‘n plaaslike ”craft” rum genaamd Whistler.

More Info